As jy vir Vicky Davis in twee woorde kan opsom is dit beslis “vol energie”. Sy is een van die aanbieders op Pasella (SABC2), inhoudsvervaardiger vir Afternoon Express (geselsprogram op SABC3) en media-afrigter. En sy deel ’n soethappie wat banting-vriendelik is!
Dit is een van haar ma se banting-treats. “Ons het as kinders altyd sjokolade-en-klappertruffels geëet en dié is ’n gesonder weergawe daarvan. Baie lekkerder en gesonder. Ek is nie ’n religieuse banter nie, maar geniet die resepte,” sê Vicky.
Banting: Sjokolade-en-klapper-lekkerbekbolletjies
Bestanddele
• 1 medium-ryp (maar nie te sagte) avokado
• 3/4 koppie gewone roomkaas
• 1/4 koppie sagte (nie gesmelte) gesoute botter
• 1/4 koppie klappermeel
• 1/4 koppie fyn, droë klapper
• 1/2 koppie xilitol
• 6 teelepels (30 ml) goeie kakao
• 1 teelepel (5 ml) suiwer vanielje-ekstrak
• 1 koppie fyngekapte, geroosterde gemengde neute
• droë klapper om bolletjies in te rol
Metode
Plaas die avokado, roomkaas, botter, klappermeel, droë, fyn klapper en vanielje in ’n mengbak en klits todat dit ’n dik, stywerige room vorm.
Voeg die neute by en meng totdat dit egalig versprei is.
Maak kleinerige happiegroot bolletjies met jou hande en rol dit in fyn, droë klapper. Plaas dit in houer met ’n deksel in die yskas vir sowat ’n uur om dit kans te gee om lekker koud en ferm te word.
The post Banting: Vicky se sjokolade-en-klapperbolletjies appeared first on SARIE.