Is jou kat of hond bietjie – of baie – vet? Oorgewig is ’n reuse-probleem in Suid-Afrika, met 70% van ons vroue en ’n derde van die mans wat oorgewig is. Dis ook die lot van talle troeteldiere. Volgens die Veterinary Pet Insurance Co. se navorsing wat in 2015 vrygestel is, het troeteldier-vetsug die vierde agtereenvolgende jaar in die VSA toegeneem.
Die oorsaak? “Hulle eet te veel en oefen te min,’’ sê dr. Guy Fyvie, ’n raadgewer vir Hill’s Pet Nutrition Suid-Afrika. Kortom, as jy wil hê jou kat of hond moet langer leef, moet jy sorg dat jou troeteldier die regte gewig handhaaf. As jy dit nié doen nie, kan die arme dier opgeskeep sit met enigiets van kanker, artritis, blaasprobleme, velprobleme tot hartsiektes. Diere is nié gelukkiger as hulle baie eet nie. As jy so dink, maak jy ’n groot fout, sê diere-artse.
Veeartse probeer landwyd om meer as 15 000 oorgewig honde en katte te help verslank. Dit is verstommend hoe ’n “nuwe lyf” jou dier weer woema kan gee.
“Kreupel diere begin weer normaal loop, asemhalingsprobleme is iets van die verlede en diere raak meer energiek, spelerig en beweeglik,’’ vertel Cindy du Preez, ’n diereverpleegster van Pretoria.
Volgens die Amerikaanse vereniging vir die voorkoming van troeteldier-obesiteit glo 9 uit 10 eienaars verkeerdelik hul diere se gewig is normaal. Volgens Hill’s weeg 30% van eienaars nooit hul diere nie. Terloops, vir ’n hond van 10 kg is 100 g boerewors ekwivalent aan 22 mini-koeksisters vir ’n mens!
“Kry ’n professionele, objektiewe mening as jy twyfel oor jou troeteldier se gewig. Soek dié Oktober deelnemende #PetSlimmer-praktyk op (www.PetSlimmer.co.za) en laat jou troetel assesseer. Dit word dikwels gratis gedoen – vind uit by jou veearts,’’ is Hill’s se raad.
Die 2016 Hills Troeteldierverslanker van die Jaar word op 1 November aangekondig. Beoordelaars is onder andere Dion Chang van Flux Trends, Liezel van der Westhuizen en Graeme Richards van SABC3 se ontbytprogram Expresso, en Carolyn Herrick en dr. Guy Fyvie, albei van Hill’s Pet Nutrition Suid-Afrika. Hulle weeg op die oomblik die tien finaliste teen mekaar op en besluit watter troeteldier gaan wen.
Die volgende diere-verslankers ding vanjaar op die loopplank mee:
• Ari, ’n worshond van Pretoria, het 3,9 kg verloor – van 12,6 kg tot 8,7 kg.
![Ari - Before (4)]()
FOTO Verskaf
![Ari - After (back view)]()
FOTO Verskaf
• Basil, ’n miniatuur-schnauzer van Pretoria, het 6,6 kg verloor – van 15,6 kg tot 9 kg.
• Dexter, ’n worshond van Randburg, het 2,6k g verloor – van 5,7 kg tot 3,1 kg.
• Gina, ’n Jack Russell van Vredendal in die Wes-Kaap, het 3,5 kg verloor – van 10,5 kg tot 7 kg,
![Gina - Before (2)]()
FOTO Verskaf
![Gina - After (1)]()
FOTO Verskaf
• Maggy, ’n mopshond van Centurion, het 2,9 kg verloor – van 10,8 kg tot 7,8 kg.
• Matie, ’n chihuahua van Port Shepstone in KwaZulu-Natal, het 1,2 kg verloor – van 5,5 kg tot 4,3 kg.
• Shanna, ’n Rottweiler van Somerset-Wes, het 9,2 kg verloor – van 55 kg tot 45,8 kg.
![Shanna - Before (2)]()
FOTO Verskaf
![Shanna - After (1)]()
FOTO Verskaf
• Toki, ’n corgi van Parys in die Vrystaat, het 5 kg verloor – van 20,9 kg tot 15,9 kg.
Dit is nie net by SARIE se jaarlikse Voorbladgesig-wedstryd waar daar groot pryse op die spel is nie. Die Vierbeen-verslanker van die jaar kry R10 000 prysgeld, die naaswenner R7 000. Elk van die tien finaliste kry ’n professionele fotosessie, ’n bottel vonkelwyn vir die eienaar, en drie maande se gratis voorraad van hul gunsteling- Hill’s-troeteldierkos. As jy bekommerd is oor jou dier se ekstra rolle, moet jy hom/haar dalk volgende jaar inskryf.
Lees nou
Ma verloor baba en skenk melk
Swembroek vir elke figuur
The Rock noem twee honde na dié divas
The post Vierbeen-verslanker van die jaar! appeared first on SARIE.