Quantcast
Channel: Marguerite van Wyk – SARIE
Viewing all 128 articles
Browse latest View live

Dis koue kos, skat: ’n Romkom met “balls”, sê Ziets

$
0
0

“Dit is ’n romkom met balls vir middeljariges – ons kry dit maar selde in Suid-Afrika of selfs internasionaal,” sê die sangeres en aktrise Elsabé Zietsman. Sy vertolk die rol van Minette in Dis koue kos, skat.

“Minette het die mooiste lyne. Voor die boek verskyn het, het ek al vir Marita gevra of ek dit in ’n eenvroustuk kan verwerk … Ek het daarin die rol van Clara vertolk. Toe hulle my bel en die rol van Minette in die fliek wou gee, was ek verheug. Ek was glad nie geskik vir Clara se rol nie.”

“Wat ’n geskenk om met die kaliber akteurs soos Deon Lotz, Anna-Mart van der Merwe Frank Opperman en al die ander te speel.”

koue kos skat

Sy reken die fliek is nie net mooi prentjies nie. Sy’t tot twee plekke “getjank”.

Sy teug aan ’n e-sigaret, vertel hoe sy probeer ophou rook. “Ek het eintlik ’n jaar gelede opgehou, toe ons verlede Julie Koue kos skiet, het ek weer ’n maand gerook, toe hou ek weer op, maar ai, toe is my ma so onbeskof om in Augustus dood te gaan … Sedertdien sukkel ek …”

Maar sy sê eintlik het sy nou al haar “sondes” laat vaar: “Ek is al 13 jaar op die waterkar, het geen seks nie en nou die rokery,” lag sy. “Dit gebeur as jy drie pleegkinders deur matriek moet kry …. Net tyd vir werk en fokus!”

* Marguerite het dié onderhoud met Elsabé tydens kykNET se Silwerskermfees gedoen.

Lees nóg Silwerskerm-onderhoud

Schalk en meisie gereed vir volgende fase

The post Dis koue kos, skat: ’n Romkom met “balls”, sê Ziets appeared first on SARIE.


Frank Opperman gesels: Sexy ‘Ari’ oor Anna-Mart in Dis koue kos, skat

$
0
0

Hy’s ondeund, eerlik, real.

Frank Opperman is die sexy Ari in Dis koue kos, skat, die man by wie Anna-Mart van der Merwe se karakter (die kosskrywer Clara Brand) liefde vind ná haar man, “Bernard die Bliksem” (Deon Lotz), haar met haar pêl en kollega verneuk het.

Anna-Mart is excellent en gorgeous, vertel hy. “Dit was so lekker om met haar en so baie jong mense te werk. Ek en Deon, ’n briljante speler, ken mekaar ook al jare lank.”

FOTO Facebook / Dis Koue Kos, Skat

FOTO Facebook / Dis Koue Kos, Skat

Hy vertel hy dra ’n T-hemp van Fokofpolisiekar in die fliek. “Mal oor hulle.”

Dis Frank se eerste Silwerskermfees.“Dis lekker om so baie mense te ken en bietjie grênd te voel. Dis ons eie Cannes – waar kan jy nou ’n nicer plek kry? Maar ek’s net hier vir een aand, dan moet ek weer Johannesburg toe om te gaan werk.”

Sy gunsteling- Afrikaanse woord**? “Piepiekous – dis ook die naam van die hond in my play … ”

Frank is rustig, hy’t vrede oor hoe hy op die televisie of groot skerm lyk. “That’s it, maak vrede. Jy kannie ’n soort buyer’s remorse hê nie.”

* Marguerite het dié onderhoud met Frank tydens kykNET se Silwerskermfees gedoen.

** Wat is jóú gunsteling-woord in Afrikaans? Neem ’n foto, video of skryf iets uit die hart. Jy kan tot R10 000 WEN! Gaan na afrikaans.com.

Selfie 1667 × 833

The post Frank Opperman gesels: Sexy ‘Ari’ oor Anna-Mart in Dis koue kos, skat appeared first on SARIE.

Dis koue kos, skat se Marita verslaaf aan stories

$
0
0

“Ander mense is verslaaf aan draf, maar my verslawing is stories,” sê die skrywer Marita van der Vyver, outeur van Dis koue kos, skat, die fliek wat gegrond is op haar gelyknamige roman. Dit word tans by die Silwerskerm-rolprentfees in Kampsbaai gewys.

Marita, wat reeds jare lank in Frankryk woon, kan nie wag om dit op die groot skerm voor ’n gehoor te sien nie. “Die grootste uitdaging met die skryf van die draaiboek was om al die woorde wat in die boek is vir die draaiboek te sny. Skrywers is mos precious oor hul woorde,” lag sy. “Maar gelukkig, as jy joernalis is, is jy gewoond daaraan.”

Sy dink visueel as sy skryf. “Om die boek nou ‘werklikheid’ te sien word, en te sien hoe byvoorbeeld Anna-Mart die karakter aanneem, is opwindend …”

Deon Meyer (Uitvoerende Vervaardiger), Marita van der Vyver (Skrywer en Uitvoerende Vervaardiger), Etienne Fourie (Draaiboekskrywer en Regisseur), Diony Kempen (Uitvoerende Vervaardiger)  FOTO Facebook / Dis Koue Kos, Skat

Deon Meyer (Uitvoerende Vervaardiger), Marita van der Vyver (Skrywer en Uitvoerende Vervaardiger), Etienne Fourie (Draaiboekskrywer en Regisseur), Diony Kempen (Uitvoerende Vervaardiger)
FOTO Facebook / Dis Koue Kos, Skat

Musiek speel ’n baie groot rol in die fliek. “Maar ons het nie die begroting gehad vir duur Maria Callas-opnames soos in die boek nie. Opera word in fliek gebruik, maar plaaslike opnames soos die van Minette Du Toit-Pearce. En die die musikus Schalk Joubert se blues- en jazz-komposisies is wonderlik.”

Marita is dol op musiek – klassiek en jazz. “My man is gek na wêreldmusiek. Saam het ons al na shows van onder andere Leonard Cohen, Marianne Faithfull, Bruce Springsteen, Neil Young … só baie gegaan. Ek sal baie graag Tom Waits wil hoor.”

Marita sê sy skryf baie “uit nood”. “Hoe swakker die rand, hoe meer skryf ek.” Daar is vooruitsigte van ander boeke wat moontlik vorentoe in flieks omskep kan word… Maar in die onmiddelike toekoms wag Misverstand (in Engels en Afrikaans), wat aanstaande jaar uitgereik word. “Vir die eerste keer het ek ’n manlike hoofkarakter.”

Hoewel sy lekker gevestig is in Frankryk, verlang sy baie na haar mense en familie. “En ek mis dit om Afrikaans in kafees en op straat om my te hoor. My gunsteling- Afrikaanse woord is kardoes. Dit klink mooi en is so half ’n outydse woord.”

** Wat is jóú gunsteling-woord in Afrikaans? Neem ’n foto, video of skryf iets uit die hart. Jy kan tot R10 000 WEN! Gaan na afrikaans.com.

Selfie 1667 × 833

The post Dis koue kos, skat se Marita verslaaf aan stories appeared first on SARIE.

Silwerskerm: Christia se hoender-noedelpotjie

$
0
0

Sy is talentvol, beeldskoon en plat op die aarde. En dié week by kykNET se Silwerskermfees is die aktrise Christia Visser in die rolprente Allison en Tess te sien, asook in die kortfilm Die bok. Met die naweek wat afskop deel Christia haar smullekker potjie-resep! “Dit is seker nou nie die gesondste ete nie, maar lekker bly darem lekker.”

Volgende week begin sy werk aan ’n nuwe vollengterolprent waaroor sy baie opgewonde is, maar nog nie veel kan sê nie.

Benewens hard werk, hou Christia ook van ontspan en kosmaak. “Ek onthou talle lekkerlag-aande om dié pot en het dit by my pa leer maak. My sussie en ’n vriendin van haar het dit ook een jaar op skool vir ’n potjiekos-wedstryd ingeskryf en gewen!”

FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Christia se hoender-noedelpotjie

Bestandele: 

• hoender (boudjies, dye en borsies)

• botter

• olyfolie

• sout, peper en speserye na smaak

• sampioene

• gerasperde kaas

• “nessie”-spaghetti/vermicelli

• ingedampte melk (Ideal Milk)

• volroommelk

• uie

NB – Geen oop vlamme onder die pot!

Metode:

1) Braai hoenderstukke in olyfolie en botter tot bruin.

2) Voeg een tot twee blikkies ingedampte melk en net soveel volroommelk by (dit hang af hoeveel jy maak). Onthou net dat daar genoeg vloeistof moet wees, want pasta raak dors.

3) Voeg gesnyde uie en speserye by.

4) Kook tot die hoender sag is.

5) Voeg pasta by en kook verder tot medium sag.

6) Plaas dungesnyde sampioene en baie gerasperde kaas bo-op.

7) Maak deksel toe sodat kaas lekker kan smelt.

Wanneer die kaas gesmelt het, is dit etensyd!

Smul ook aan ander bekendes se geregte

Bekendes eet: Anél se sjokolade-drankie

Schalk Bezuidenhout se ‘smore’

Banting: Vicky se sjokolade-en-klapperbolletjies

The post Silwerskerm: Christia se hoender-noedelpotjie appeared first on SARIE.

Pieter-Dirk se 10 lewensreëls

$
0
0

Hy word vanjaar 71 jaar oud. En ná al die jare bly Pieter-Dirk Uys steeds ’n darling! Die dokumentêr oor sy lewe, Nobody’s Died Laughing, wys by kykNET se Silwerskermfees in Kampsbaai. 

Ná soveel jare van sukses het Pieter-Dirk 10 lewensreëls.

1. Begin elke dag deur te lag as jy kaal voor jou vollengte-spieël staan.

2. Wees altyd stiptelik vir afsprake en vergaderings.

3. Luister eers en praat dán.

4. Jy hoef nie altyd die foon te beantwoord as dit lui nie. Die getroue antwoordmasjien kan ook soms ’n boodskap neem.

5. E-pos kan ook soms wag tot môre. En moet nooit send druk as jy te veel rooiwyn gedrink het nie!

6. Beplan vooruit in potlood; maar leef vandag in ink!

7. Jy is wat jy eet.

8. Hou kontak met familie en vriende voor dit te laat is.

9. Moet nooit toelaat dat slegte nuus jou moed breek nie. Daar is altyd goeie nuus om dit uit te balanseer. Probeer dít soek.

10. Maak ou koppies, pierings en borde bymekaar om teen die garage-muur te gooi as jy kwaad is. Dís beter as om jou humeur te verloor teenoor die mense wat jou gek maak.

En onthou: hê jou vyand lief. Dit sal sy reputasie ruïneer!

Kyk die lokprent van Nobody’s Died Laughing hier:

– Hierdie lewensreëls het Pieter-Dirk al in 2009 met ons gedeel, maar ons dink dis steeds relevant!

The post Pieter-Dirk se 10 lewensreëls appeared first on SARIE.

Fikse Deon speel in 4 rolprente

$
0
0

Deon Lotz, “Bernard die Bliksem”, wat ’n affair het met Anaïs, kollega en vriendin van kosskrywer Clara Brand (Anna-Mart van der Merwe) in Dis koue kos, skat, is ’n besige man.

Benewens dié rolprent speel hy ook in die nuwe kortfilm HUM, en die vollengterolprent Shepherds and Butchers.

“In Koue kos was dit ’n groot uitdaging om real te wees en reg te laat geskied aan Marita van der Vyver se teks. Ons het saam drama geswot – dis lekker om te weet sy wou my en Anna-Mart vir dié rolle hê.”

Hy het net die hoogste lof vir Anna-Mart. “Sy is so professioneel en ’n vrygewige speler … Jy word ingeslurp deur haar oë. Ek het amper ‘skuldig’ gevoel vir Bernard se onthalwe omdat hy haar karakter verneuk het.”

13932766_1089763564438547_1632094984532956894_n

Hy het heerlik saam met regisseur Etienne Fourie op Koue kos gewerk. “Hy is baie puntenerig – skuif potplante en boeke totdat dit reg lyk. Ek is net so.”

Deon handhaaf ’n dolle werkspas. Volgende jaar word die rolprent Krotoa vrygestel, hy sien ook uit na die internasionale minireeks oor Madiba (waarin hy die rol van FW de Klerk vertolk) wat vorentoe uitgereik word, asook die fliek Blue Mauritius. “Fiksheid is ’n kopding, maar ek ry ook elke jaar die Argus (nou Kaapstad-fietstoer) en ek besoek die gimnasium.”

Op 52 voel hy vuur en vlam, gereed vir enige uitdaging. En dis danksy sy fikse lyf en kop, glo hy, dat hy so baie aanpak. Dis ’n soort adrenalien rush.

“Deesdae kry al hoe meer ouer vroulike akteurs en aktrises wonderlike rolle – Maggie Smith, Helen Mirren, Susan Sarandon, Meryl Streep, Sandra Prinsloo, Elize Cawood … As jy ouer is, hoef jy jouself nie meer te bewys nie, jy kan jou passie geniet, terugploeg in die bedryf en ander inspireer.”

* Marguerite het dié onderhoud met Deon tydens kykNET se Silwerskermfees gedoen. Deon speel in vier films by die fees, Dis koue kos, skatShepherds and Butchers en die kortfilms HUM en The Man with the Heavy Leg.

Lees nou

Dis koue kos, skat se Marita verslaaf aan stories

Frank Opperman gesels: Sexy ‘Ari’ oor Anna-Mart in Dis koue kos, skat

Dis koue kos, skat: ’n Romkom met “balls”, sê Ziets

The post Fikse Deon speel in 4 rolprente appeared first on SARIE.

‘Álle aktrises is nie maer nie’ – Pulane

$
0
0

Vir haar rol as prostituut in die kortfilm Spoor(loos) wat by die Silwerskermfees in Kampsbaai speel, het aktrise Pulane Sekepe heelwat navorsing gedoen “omdat dit nie ’n wêreld is wat ek ken nie. Ek het baie konserwatief en ‘gesond’ grootgeword.”

Sy het veral die rolprent Pretty Woman, waarin Julia Roberts die hoëklas “dame van die nag vertolk” het, bestudeer. “En ek moes leer hoe mens op film huil. Ek het op YouTube gekyk hoe Meryl Streep, een van my gunsteling-aktrises, dit doen,’’ vertel sy. “Jy leer om die inspirasie uit jouself te put en nie soseer te act nie. Jy moet eerder die karakter word die oomblik dat jy voor die kamera is …”

Naas die rolprent O vet!, wat einde September uitgereik word en wat gaan oor vroue se kwessies oor die aanvaarding van hul gewig (of nie), is sy nog nuut in die bedryf.

“Dit is die eerste drama waarin ek speel. Ek besef nou dit is baie harde werk om flieks te maak, maar die aktrise Marisa Drummond is ’n goeie regisseur en het ons gelukkig baie goeie leiding gegee.’’

Dit was vir haar ook lekker om teenoor die gesoute Fez(ile) Mpela te speel. “Hy is ’n ou hand.’’

Pulane sien baie uit na die uitreiking van O vet! “Mense maak so ’n ding van vetword. Dit is maar net jou liggaam wat inkrimp en uitrys. En almal dink alle aktrises is maer. Met dié fliek kan hulle sien ons – ek en Bertha le Roux en Ilse van der Laag – is maar net mense, nie brandmaer nie. En jy moet jou lyf aanvaar. As jou dokter sê jy is oukei en jy is so ’n bietjie oorgewig, is dit nie so erg nie. Wees lief vir jouself. Jou gewig is net ’n getal.’’

* Marguerite het dié onderhoud met Pulane tydens kykNET se Silwerskermfees gedoen.

Lees nou

Schalk en meisie gereed vir volgende fase

Dis koue kos, skat se Marita verslaaf aan stories

Fikse Deon speel in 4 rolprente

The post ‘Álle aktrises is nie maer nie’ – Pulane appeared first on SARIE.

Alison – ‘My lewe is vol wonderwerke’

$
0
0

“Jy kry nooit werklik sluiting ná ’n erge tragedie nie. Dit is ’n daaglikse keuse om te besluit met watter houding jy die lewe wil aanpak.”

Wie sal beter weet waarvan sy praat as Alison Botha wat 22 jaar gelede buite haar huis in Port Elizabeth ontvoer en verkrag, hope keer met ’n mes in die maag gesteek en bykans keelaf gesny is?

Geklee in ’n swart bloes en broek, haar lang hare los en glansend en ’n bonkige turkoois halsnnnoer om haar nek (waar slegs ’n vae litteken van die sny waar sy aangerand is, sigbaar is), gesels sy spontaan. Sy onthou alles nog asof dit gister gebeur het …

In die dokkie Alison, wat tans vertoon word by die Silwerskermfees in Kampsbaai, vertel sy onder meer hoe sy ernstig met depressie geworstel het ná die grudade, maar sy het besef sy moes so hard veg om oorlewing net ná die aanranding, toe die twee monsters haar vir dood in die grond agtergelaat het, en sy het tóé gekies om te leef, sy moes weer kies om die depressie te oorwin.

En sy het.

Sy glo aan baie terapie en tyd om depressie te genees. “Om motiveringspraatjies te lewer, het ook ’n nuwe lewe vir my oopgemaak.” Dit het haar ook die kans gegun om die wêreld vol te reis. En nee, dit is nie asof sy in ’n groef verval het en keer op keer die grusame aand herleef nie. Sy sal daardie aand nooit vergeet nie, maar sy het aanbeweeg.

Hoewel sy op skool nie juis geweet het wat sy met haar lewe wil doen nie, glo sy “nare goed wat jou onder die dinges skop”, wat jy nie vir jouself sal kies nie, is dikwels dinge wat jy nodig het om jou in ’n nuwe rigting te dryf sodat jy kan groei.

Alison reken ook haar ma, Claire, ’n enkelma, het haar grootgemaak met ’n sterk geloof in haarself. “Dit is hoekom ek, tydens die gru-aanval, dit op ’n manier reggekry het om myself te verwyder van ‘die daad’. Dit was nooit regtig deel van my wese nie. Ek was amper ’n waarnemer. Ek wil my kinders ook met soveel selfrespek grootmaak – dit help jou om nie te veel van koers af te dwaal as die lewe jou beproef nie.”

Alison droom daarvan om in die toekoms dalk ’n motiveringsboek óf ’n fiktiewe kinderboek te skryf, want sy is mal oor kinders. “En wie weet, dalk kry ek iewers geleentheid om ’n televisieprogram aan te bied waar mense hul hartseer deel en só ander bemagtig. Ek is oop vir enigiets wat oor my pad kom.”

Alison, Uga Carlini (regisseur) en Christia Visser wat die jong Alison speel

Alison, Uga Carlini (regisseur) en Christia Visser wat die jong Alison speel

Met dié dokkie wil sy vroue wys: “As ek so iets kan oorwin, kan enigiemand. Ek is trots op die dokkie en as ek kyk na wat ek reggekry het, dink ek ‘wow, dit is nogal iets!’ Jy besef nie hoe dapper jy regtig is nie. En almal het dit in hulle.”

Die ABC van motivering, is attitude (houding), belief (wat jy oor jouself glo) en choice (wat jy kies).

“Jou omstandighede en wat met jou gebeur bepaal nie so baie van jou lewensgeluk nie. Jy bepaal dit. En my storie is nie ’n feëverhaal waar ek met die held op die wit perd wegry in die pragtige sonondergang nie, ek is trouens geskei. Dit was baie erg. Maar my storie is vol wonderwerke …”

* Marguerite het dié onderhoud met Alison tydens kykNET se Silwerskermfees gedoen.

Lees nou

Dis koue kos, skat se Marita verslaaf aan stories

Schalk en meisie gereed vir volgende fase

Fikse Deon speel in 4 rolprente

The post Alison – ‘My lewe is vol wonderwerke’ appeared first on SARIE.


Koue kos – ’n heerlike reis, sê Anna-Mart

$
0
0

Enigiemand wat al in ’n verhouding was, sal die romantiese rolprent Dis koue kos skat geniet, meen Anna-Mart van der Merwe, wat die hoofrol van die sensuele Clara Brand, kosskrywer by die glanstydskrif Eva, vertolk. Sy kook konfyt, smul aan sappige koeke – trooskos – nadat haar man, “Bernard die Bliksem”, haar ná jare verneuk met die blonde Anaïs. Laasgenoemde spreek die middeljarige Bernard, wat sy rol uistekende vertolk (die kyker hou níks van hom nie!), aan as “Boepie”.

“Jy herken iets van die onderskeie karakters en hoe hulle op situasies reageer. Deon Lotz (“Bernard die Bliksem”) en Frank (Ari, die Griekse sjef) is so reg en eg … die manne sal verstaan,” meen sy. Frank is sexy, sy stem rasper tot in jou siel.

Die fliek is volgens haar ’n “wegbreek saam met pêlle – ’n Marita van der Vyver-storie met die wonderlike regisseur Etienne Fourie aan die stuur – daar wag ’n heerlike reis,” reken sy.

Die grootste uitdaging was die pas waarteen hulle moes skiet, vertel sy.

“Daar was bittermin voorbereidingstyd en van dag een af moes die spelers en tegniese span hande vat en spring. Die samehorigheid sal ek nooit vergeet nie.”

Maar daar was ook vele komiese insidente tydens die verfilming. Soos Doug die mopshond (die karakter Tjoklit) se diva-buie. “Daar is ook ’n toneel wat ons uiteindelik moes sny, waar Clara elektriese drade regmaak. Hulle het gevra dat ek die drade ’n sekere afstand van my gesig af moes hou. Dit was om alles mooi te omraam, soos die kameramanne sal sê. Die hartseer van die saak is ek besef toe ek kan die vader weet niks sien nie. Dis súlke tyd, nou is ek die trotse eienaar van ’n bril …’’

Sy reken dit het so lekker tussen haar en Frank gejel omdat hulle mekaar vertrou.

“Ek het nog nooit saam met hom gewerk nie, maar ons ken mekaar al jare via die bedryf. Dit is ’n genade as jy saam met iemand soos hy kan werk. Hy is no nonsense, toegewyd en ondersteunend.”

En Frank het agterna gesê. “Ja, sy soen lekker, maar sy is só professioneel. En sy is gorgeous. Voor ons begin skiet het, het ek en Anna-Mart en haar man, George, saam koffie gedrink. Ons ken mekaar al jare.”

12898158_988737417874496_1888175566003619195_o

Dink sy die fliek gaan baie vroue, wat soos Clara deur ’n “Bernard die bliksem” verneuk word, bemoedig?

“Jy is die somtotaal van jou hele lewe, nie net van een trauma wat oor jou pad kom nie. Moet nooit toelaat dat jy of iemand anders jou in ’n boksie druk nie en wie jy is of jou waarde bepaal nie. Breek daai boksies oop.” Dit is wat dié fliek wys.

Sy reken die wenbestanddele wat ’n verhouding laat werk, is eerlikheid teenoor jouself en goeie kommunikasie.

Anna-Mart is ook mal oor die titel van die fliek. “Ek hoor elke keer Marita van der Vyver se stem in my kop wanneer ek dit lees.”

Anna-Mart speel nou in The Painted Rocks at Revolver Creek, die nuutste teaterstuk uit die pen van die dramaturg Athol Fugard, by die Fugard-teater in Kaapstad. Die speelvak duur tot 24 September.

Lees nou

Dis koue kos, skat se Marita verslaaf aan stories

Dis koue kos, skat: ’n Romkom met “balls”, sê Ziets

Frank Opperman gesels: Sexy ‘Ari’ oor Anna-Mart

The post Koue kos – ’n heerlike reis, sê Anna-Mart appeared first on SARIE.

Hoog vs laag … wat verklap jou hakke?

$
0
0

SARIE se redakteur, Michélle van Breda, het al openlik erken sy floreer op adrenalien en hoë hakke.

Hoë hakke is sexy, vroulik, dit sê “Ek weet wie ek is” en jy gaan kry wat jy wil hê … Die blonde seksbom van die jare vyftig, Marilyn Monroe, het per geleentheid laat val: “Ek weet nie wie hoë hakke ontwerp het nie, maar vroue is baie aan hom verskuldig.”

Ook Amalia Uys, wat die hoofrol vertolk in Sy Klink soos Lente (die prent begin op 30 September landwyd wys) en SARIE se voorbladmodel vir September is, het onlangs in ons voorbladartikel erken sy sal bietjie pyn verduur ter wille van mooi lyk: “Soms, ná ’n aand uit, was daar al ’n paar hakke wat ek net in die asblik wou gooi, maar in die algemeen is ek gemaklik daarop, miskien omdat ek dertien jaar lank ballet gedoen het – ek het ’n goeie postuur en was gewoond aan die pyn van dans op puntskoene,” lag sy.

Die amptelike definisie van ’n lae hak is volgens skoenwebtuiste soos www.jimmychoo.com een wat minder as 6,4 cm hoog is. Midihakke is tussen 6,4 en 8,9 cm. Enigiets hoër staan bekend as hoë hakke.

Hoog vs laag

Dit lyk of hoë en plat hakke eintlik maar altyd kop aan kop loop, soos die toonaangewende Britse glanstydskrif Porter in 2014 gesê het …

Maar SARIE se moderedakteur, Amaria Carstens, het al in 2014 by die Januarie-modeskoue in Parys opgemerk dat die Franse modehuis Chanel se modelle met tekkies op die loopplank verskyn. Selfs Victoria Beckham, die koningin van hoë hakke, het in Februarie daardie jaar in brogues (plat veterskoene met dekoratiewe gaatjies) by die New Yorkse Modeweek opgedaag. Die Nederlandse tendens-ghoeroe, Li Edelkoort, dra gereeld tydens aanbiedings tekkies (sneakers), soms in goud of silwer, selfs bedags.

Ook bekendes soos die aktrise Angelina Jolie, model Kate Moss, Kate, die hertogin van Cambridge, en haar kleinsus, Pippa Middleton, word dikwels opgemerk in die lae hakke van die gesogte (peperduur) Pretty Ballerinas, ’n Spaanse handelsmerk bekend vir balletstyl-skoene (pumps), wat plaaslik in die Hyde Park Corner-sentrum in Johannesburg verkoop word.

Ons eie vintage-meisie, Rolanda Marais, wat onlangs te sien was in die veelbekroonde rolprent Johnny is nie dood nie (oor die alternatiewe Afrikaanse Voëlvry-beweging in die jare tagtig) op die kykNET-Silwerskermfees, het gebieg: “Ek is ’n laehak-mens, plat op die aarde, sonder fieterjasies.”

En aktrises Anna-Mart van der Merwe, Nicola Hanekom en Diaan Lawrenson word gereeld gekiek in plat skoene. Maar Anel Alexander, van Semi-Soet- en Sink-faam, het al ruiterlik erken: “Ek hou van ’n hoë hak omdat dit my help om in ’n rol te kom en tekstuur aan ’n karakter te gee.”

FOTO: Phyllis Green

Anel en haar man, James Alexander

Wie sal vergeet hoe die Britse aktrise Emma Thompson die appelkar in 2014 omgegooi het toe sy tydens die Golden Globes in Los Angeles kaalvoet op die verhoog gegaan en gesê het: “Ek het my Christian Louboutins uitgetrek. Dit is eintlik ’n feministiese stelling, want hoekom dra ons dit. Dit is so pynlik en sinloos …’’

Nou wonder jy: Is hakke gesond? ’n Voetheelkundige van Kaapstad, Merle Viljoen, reken plat skoene gee nie ondersteuning aan jou voet nie en gooi jou liggaaam se gewig effens agteroor. Dit kan jou voete moeg maak. Baie hoë hakke sit weer al die gewig op die voorvoet en druk die tone opmekaar. Dit is ook nie goed vir die rug nie.

Koop ’n hak tussen 1 en 3 cm, is haar raad. Dít ondersteun die voetbrug.

Besluit self wat vir jou werk: Volgens beautifulshoes.org dra selfversekerde, ambisieuse vroue wat hou van risiko en wedywering, graag klompe (clogs), sportiewes dra tekkies (sneakers) – hulle is eerlik, betroubaar, hulpvaardig, speel oop kaarte, is ook nie bang vir werk nie en het harte van goud.

En die op stiletto’s? Hulle is selfversekerd, hou van aandag en volg die mode, volgens Galeries Lafayette.

Manolo Blahnik (Carrie Bradshaw, rubriekskrywer in die gewilde TV-program Sex in the City, het graag getrippel in sy maaksels), reken die oomblik as jy in hoë hakke loop, verander jy!

Gelukkig is dit nie meer die 1700’s nie, toe die Franse koning, Louise XVI aangekondig het niemand se skoene mag hoër as syne wees nie! In daardie jare was die soort skoene wat sowel mans as vroue gedra het, ’n simbool van hul status en mag.

So, laat waai!

The post Hoog vs laag … wat verklap jou hakke? appeared first on SARIE.

Portia, VBG-Finalis, en Mathys in TV-avontuurprogram

$
0
0

Rekspring (bungee jumping), branderplankry, kuiers saam met leeus en sebras. Portia Moemedi, verlede jaar een van SARIE Voorbladgesig se 10 finaliste, is skoon uitasem as sy al die avonture opnoem wat sy en die sanger Mathys Roets gaan beleef. Hul nuwe TV-program se naam is Authentiek en dit begin in November op SABC2.

“Hy stuit vir niks, al is hy in ’n rolstoel. Ná sy ongeluk in 2009 het hy gewys jy kan enigiets doen as jy wil. Ek bewonder dit.”

Portia gryp ook elke geleentheid aan wat haar kant toe kom. Sy het BSc sportwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch studeer, was deeltydse model, en het ’n maand lank gewerk in interne bemarking by ’n groot maatskappy, maar sy het binne een dag haar werk bedank, opgepak en na Johannesburg vertrek toe sy hoor sy het dié werk as aanbieder gekry.

“Verlede week het ek die oudisie afgelê en eergister het hulle my gebel met die nuus. Ek het Mathys die eerste keer verlede week met die oudisie ontmoet. Wat ’n gawe ou, ons het lekker gekliek, hy is ’n lekker, ongekompliseerde mens, maar jy kan ook diep sake met hom gesels. Ek was so senuweeagtig – wat ’n terrible oudisie, ek het soveel foute gemaak en glad nie gedink ek gaan die werk kry nie. Die kameraman het ook laat blyk daar was ’n fout of twee, maar God het ander planne vir my gehad. Jesus rig my lewe.”

FOTO: Verskaf

FOTO Verskaf

Haar ma, Virginia, ’n huishulp van Jeffreysbaai, het gesê sy moet dié geleentheid aangryp, dit maak glad nie saak as sy haar vaste werk bedank nie.

“Jy is nog jonk en sonder verpligtinge, jy gaan nie sommer weer die kans kry nie, doen dit net,” het sy gesê. “My ma het nog altyd vir my gesê ek sal oukei wees as ek net my hart volg. Dis hoe ek leef.”

Portia wil mense inspireer. En sy kry weer inspirasie by aktrises soos Angelina Jolie.

“Sy is ’n wondervrou, ’n ambassadeur vir die mensdom, nie net ’n aktrise nie. Kyk net al die goeie werk wat sy vir die Verenigde Nasies doen.”

Nader aan die huis bewonder sy Connie Ferguson. “Elke swart huis kyk sekerlik die sepie Generations. Sy het gewys wat jy met jou lewe kan doen.” Basetsana Kumalo, ’n voormalige Mej. Suid-Afrika, is veel meer as ’n skoonheid en het gewys sy het ook ’n slim sakebrein, meen Portia.

Portia weet glad nie wat die volgende paar maande in die Noorde inhou nie. “Maar dit is oukei, ek weet daar is ’n plan in my lewe. Ek is net so dankbaar dat alles so goed uitgewerk het.”

Lees nou

SARIE VBG-finalis skitter saam met Mathys Roets

Justin en Britney – kan dit wees?

The post Portia, VBG-Finalis, en Mathys in TV-avontuurprogram appeared first on SARIE.

Dís wat rooitapyt-modes als verklap

$
0
0

Vlamrooi staan sy daar by 2011 se Emmy-toekennings: Kate Winslet op die rooi tapyt.

Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, sê rooi uitrustings word gewoonlik nie vir die rooi tapyt aanbeveel nie, want die twee bots met mekaar. Maar selfversekerde vroue soos Kate en Nicole Kidman, wat in 2007 by die Oscars in haar rooi rok met die strik opgedaag het, het dié “reël” gebreek.

Fanie meen die introverte wat nie regtig raakgesien wil word nie, sal gewoonlik swart dra. “Michelle Williams, wat in 2006 ’n geel Vera Wang-rok gedra het, sê egter ‘kyk na my’.”

Die rooi tapyt is volgens stiliste ’n plek om jouself te bemark.

“Wat jy dra, is ’n strategiese besluit. Sterre wat verwag om te wen, sal geneig wees om af te wys,” meen Fanie.

Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur, meen bekendes soos Kim Kardashian en Jennifer Lopez is ook nie bang om hul kurwes ten toon te stel nie. “Hul rooitapyt-keuses bewys dit met strategies geplaasde panele in kant en borduurwerk of uitsny-detail (soms ook deursigtig). Dit dra by tot die sukses van hul sensasionele uitrustings.”

Die Oscars is verreweg die grootste jaarlikse rooitapyt-geleentheid in Hollywood, meen Werner Wessels, een van Suid-Afrika se voorste stiliste.

“Modehuise soos Dior, Chanel en Armani ding mee om die lieflinge van die seisoen soos Jennifer Lawrence (2013) en Lupita Nyong’o (2014) aan te trek.”

Werner het twee vorige Mejj. Suid-Afrika, Rolene Strauss (ook Mej. Wêreld) en Melinda Bam, op rooitapyt- en ander groot geleenthede gehelp en raad gegee oor hul modekeuses. Vanjaar het hy ook die sangeresse Karlien van Jaarsveld, Lianie May en Leah gehelp met hul uitrustings.

“Ek doen gewoonlik navorsing oor vorige jare se rooitapyt-geleenthede om ’n beter idee te kry van watter uitrustings gepas sal wees vir die sterre. En ek probeer hul persoonlikhede verstaan. Rooitapytkeuses is belangrik, aangesien foto’s wat geneem word mense se opinies oor die sterre beïnvloed. My kliënte is rolmodelle vir ander meisies wat dalk inspirasie soek vir ’n matriekafskeid- of dineerok,” sê Werner.

Werner reken ’n kleur soos rooi wys jy voel selfversekerd en sensueel, terwyl ’n sagte babapienk dui op vroulikheid en ’n sagte persoonlikheid. “Maar moet jou nie deur kleur laat inperk nie, dra iets waarin jy gemaklik voel.”

Hy het besluit om, toe Rolene as Mej. Wêreld gekroon is, ’n sagte pienk te gebruik vir haar kroningsrok.

“Dit sou haar soos ’n prinses laat voel. Sy wou vir die wêreld haar sagte vroulikheid sein. Die rok is ook gebaseer op ’n roos, aangesien sy van Bloemfontein, die Rosestad, kom. En sy is boonop gekroon in Engeland, waar die roos die nasionale blom is.

“Toe sy die kroon aan die nuwe wenner moes oorhandig, het ons besluit op ’n helderrooi rok. Ons wou hiermee wys hoe sy gegroei het tydens haar jaar as Mej. Wêreld. Die kroning is boonop in China gehou, wat rooi as gelukbringer-kleur beskou. ’n Mens moet fyn dink aan al die simboliek wat elke rok uitstraal. Dit gaan oor soveel meer as net kleur,” meen hy.

En dan is daar sterre wat willens en wetens hul rooitapyt-uitrustings gebruik om die spot te dryf of ’n stelling te maak. Dink maar aan die sanger Björk in 2001 met haar ikoniese wit mini-uitrusting met die reuse-swaan. “Ek dink sy wou net sê: ‘Ag, moenie jouself so ernstig opneem nie. Geniet dit net’,” lag Fanie.

Die rooi tapyt is vol glans, swier, pret en plesier.

By uitstek ’n plek waar sterre kan pronk en waar hul modes (style en kleure) boekdele oor hul persoonlikhede verklap.

Lees nou

Prince se Paisley Park open

Is dít die beste advertensie van 2016?

Justin Bieber laat spat 8 wêreldrekords!

The post Dís wat rooitapyt-modes als verklap appeared first on SARIE.

Christia in nuwe Grensoorlog-fliek

$
0
0

Mense sê sy is die volgende Charlize. Maar vir Christia Visser is sy pleinweg Christia – sonder fieterjasies en draadwerk.

“Dit is ’n eer om met haar vergelyk te word, ek bewonder haar, maar eintlik is ek maar net Christia Visser, ek doen net my ding,” lag sy.

Verlede naweek is sy bekroon met die toekenning vir beste aktrise by kykNET se Silwerskermfees in Kampsbaai vir haar rol in die rolprent Tess waarin sy ’n sekswerker speel. Sy was ook hier te sien in die dokkie Alison oor Alison Botha wat 22 jaar gelede wreed verkrag en aangerand is in Port Elizabeth.

“Dit was ’n ongelooflike voorreg om die prys as beste aktrise vir Tess te kry,” vertel Christia aan SARIE.com.

FOTO Instagram / @christiavisser

FOTO Instagram / @christiavisser

Einde September begin sy skiet aan The Recce, ’n aksiedrama wat gaan oor die Grensoorlog. Maar meer wil sy nie sê nie, buiten: “Dis ’n baie lekker script waarin ek my tande wil inslaan.”

Sy erken Tess was ’n baie moeilike rol om te vertolk. “Ek het baie hoë morele waardes en om in die space van ’n sekswerker te wees, was baie moeilik. In die sekstonele wat ek moes uitbeeld, het ek geweet dit gebeur nie werklik nie, maar ek moes tog met myself praat om afstand te kry en dit te doen.” Die toekenning wat sy daarvoor gekry het, maak egter al die lyding die moeite werd, vertel sy.

Sy sê sy het nooit die sekswerkers veroordeel nie. “Ek het met baie van hulle vooraf gepraat om bietjie meer van dié leefwyse te leer en ek het baie empatie met hulle. Hulle is net gewone mense met hul eie stories en probleme. Ná die fliek het ek kwaad geword vir die wêreld. Dit is asof ek te jonk té veel geweet het. Ek moes deur baie kwessies werk. Gelukkig het my ouers en vriende my liefdevol ondersteun en gehelp daarmee.”

Die nuwe man in haar lewe, Pieter Rossouw, ’n boer van Robertson se wêreld, gee baie stabiliteit in haar lewe, verklap sy.

“Ons pas net by mekaar. Ek voel rustig op die plaas en hy woon graag premières saam met my by. Ons families is ook dieselfde en hou van drukkies en soentjies. Hy weet net hoe om my te hanteer. Ons lag en speel saam.”

Christia is uitgesproke oor die mishandeling van vroue. “Jy kan dit nie onder die mat vee en hoop dit gaan weg nie. Hoekom sal iemand ’n vrou leed wil aandoen? Iewers moes iets mos verkeerd gegaan het. Ouers het hul kinders dalk verkeerd grootgemaak. Maar ons moet dit fix. Mense moet bewus gemaak word van dié euwels.”

Dit is hoekom sy graag speel in flieks soos Tess en Alison.

“Daar is mense wat vra of The Butterfly Revolution, ’n veldtog waarby ek en onder andere Sandra Prinsloo, Bobby van Jaarsveld en Victor Matfield betrokke is om ons uit te spreek teen die mishandeling van vroue, werklik ’n verskil maak … Dit is ’n belangrike platform en is vir seker nodig om mense van belangrike kwessies soos vrouemishandeling bewus te maak.”

Sy is trots daarop dat Afrikaanse (en Suid-Afrikaanse) flieks soos Tess nie meer wegskram van relevante kwessies wat mense soms ongemaklik maak maar dwing om na te dink nie.

Lees nou

Prince se Paisley Park open

Ryan Lochte gaan dansskoene aantrek

Só dra jy enkelstewels stylvol

The post Christia in nuwe Grensoorlog-fliek appeared first on SARIE.

Quinne se botterskorsie-sop & poeding-smoothie

$
0
0

Quinne Brown, op haar dag die vrolike kelnerin Connie in die SABC2-sepie 7de Laan, het ná tien jaar in Amerika huis toe gekom. Sy is enkellopend hier weg, maar nou is sy en haar man, Ryan, ’n watertegnoloog, en hul twee dogtertjies vir goed terug in Suid-Afrika. Daar wag allerlei nuwe werksdinge op haar en sy kan nie uitgepraat raak oor hoe lekker dit is om terug te wees nie.

Quinne gaan nie sommer vir Jamie Oliver opdraend gee in die kombuis nie. “My man is eintlik die kreatiewe een wat kook en my met lekker geregte bederf, maar ek is baie gewillig om kos aanmekaar te slaan as dit moet …”

 

Foto het in SARIE se Januarie 2011-uitgawe verskyn.

FOTO van SARIE Januarie 2011-uitgawe

Sy deel twee van haar gunsteling-resepte:

Botterskorsie-sop

BESTANDDELE
• 1 groot botterskorsie
• olyfolie
• sout en peper
• borrie, komyn, vars gemmer
• 1 ui
• ’n paar wortels
• seldery
• 3 tot 5 koppies hoenderaftreksel, na gelang van die pot se grootte

METODE

• Verhit oond tot 180 °C.
• Sny die botterskorsie in die helfte. Dit is moeilikste deel van hierdie resep!
• Besprinkel met olyfolie en sout en peper en bak sowat anderhalfuur in warm oond, of tot sag.
• Intussen braai ek die komyn, borrie, nog sout en varsgemaalde peper en vars opgesnyde gemmer in olie in ’n pot. Voeg opgesnyde ui ná paar minute by. Sit deksel op en laat dit bietjie staan.
• Sny wortels en seldery en voeg dit saam met die hoenderaftreksel by die speserymengsel. Laat saggies kook tot botterskorsie sag is en voeg dit ook by. Ek scoop dit sommer uit die skil met ’n lepel, maar pasop, dis warm!
• Laat alles ’n paar minute lank saam kook.
• Verpulp dit tot baie egalig met ’n staafmenger.
• Proe en maak seker dit is sout genoeg. Voeg nog hoenderaftreksel by as dit te dik is.

“Ek hou daarvan om klappermelk as garnering by te voeg – dit maak die sop ook lekker romerig,” vertel Quinne.

En hoekom maak sy dit so graag? “Almal hou daarvan, dit is easy peasy, gesond en laat jou goed voel,” antwoord sy.

Smoothies is haar gunsteling vir oggend- of middag-peuselhappies, en soms vir nagereg.

“My beste maatjie, die TV-glansvrou en aktrise Kim Cloete, het destyds my lewe verryk met ’n menger (blender). Dis ’n ongelooflike stuk gereedskap vir iemand soos ek wat maar vashaak in kombuis. Ons maak roomys en sop, hoemoes, doopsouse, smoothies en sap daarmee.“

Chunky Money Smoothie

(Haar gunsteling-smoothie)

“Ek het dit by my skoonma geleer. Sy is formidabel in die kombuis, ’n passievolle kok en regte Italiaanse mama.’’

BESTANDDELE
• kakaopoeier
• grondboontjiebotter
• dadels
• amandelmelk/melk
• piesangs
• ys

METODE
• Vir een porsie, skep ’n lepel van elke bestanddeel en ’n koppie melk, een piesang, twee dadels (ontpit) en ’n halwe koppie ys in ’n menger (blender).

“Meng en voila! Ek gooi gereeld ’n hele hand vol spinasie of krulkool (kale) by vir ekstra heilsaamheid, want jy probeer mos maar altyd groen groente orals inwerk as jy kinders het.”

The post Quinne se botterskorsie-sop & poeding-smoothie appeared first on SARIE.

Voorbladgesig-finalis: Nicola Smit

$
0
0

Gister het ons die 10 Voorbladgesig-finaliste verras toe hulle deel van ons #SARIEkrismis-fotosessie was! Vanaand maak ons die wenners van die wedstryd bekend. Het jy jou gunsteling?

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste  FOTO Willie Koen

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste
FOTO Willie Koen

Leer ken Nicola Smit beter

(22) AU PAIR EN DEELTYDSE STUDENT, KRAAIFONTEIN

Het dit al ingesink dat jy een van die top-10 is?

Dis ’n wonderwerk. Ek is nogal gewoond aan teleurstelling. Op skool het ek hard gewerk, maar was nooit in die A-span nie; het nooit eerste gestaan nie. En nou dít! Ek kan dit eintlik nie glo nie. Sou ek wen, wil ek heel eerste my studies afbetaal.

Beste raad ooit?

My pa, Nico, sê dit maak nie saak hoe mooi of lelik, slim of dom, ryk of arm jy is nie, jy hanteer ander soos jy hanteer wil word. Hy glo elkeen het ’n stukkie magic.

Jy’t ingeskryf vir ons wedstryd; het jy ’n positiewe selfbeeld?

My ma, Adelle, het my ingeskryf! Nee, ek glo nie ek lyk so goed soos wat my vriende of familie dink nie. Ek druk myself altyd hard om beter te wees. Ek was nog altyd taamlik angstig. Ná skool het ek rustiger geraak en begin leer dit is nie nodig om soos ’n stoomtrein voort te woed nie. Nou geniet ek die lewe meer, en haal soms net asem . . .

Hou jy van Afrikaanse musiek en flieks?

Ek’s mal oor Dozi en geniet die lirieke van Karlien van Jaarsveld se liedjies. En ek het die fliek Pad na jou hart ge-love.

Jy is passievol oor kinders . . .

Kinders is ons toekoms. Dít is hoekom ek onderwys studeer en ’n au pair is.

Watter liefdadigheid sou jy graag wou ondersteun?

Die Dierebeskermingsvereniging. Dit breek my hart om verwaarloosde diere te sien. Ek haat ook die renosterstropery.

nicola smit

Ons ander Voorbladgesigte:

Nadia de Jongh

Elmaré Schutte

Ulandie Slabbert

Alma Neethling

Bianca Hendrikse

Valensia Waibale

Tamsyn Jack

Sarah Botes

Nicole Lamberts

VBG16_header_1458284893

SARIE Voorbladgesig 2016 in samewerking Max Factor, Clicks

MaxFactor_New_Logo_Blk

The post Voorbladgesig-finalis: Nicola Smit appeared first on SARIE.


Voorbladgesig-finalis: Nadia de Jongh

$
0
0

Gister het ons die 10 Voorbladgesig-finaliste verras toe hulle deel van ons #SARIEkrismis-fotosessie was! Vanaand maak ons die wenners van die wedstryd bekend. Het jy jou gunsteling?

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste  FOTO Willie Koen

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste
FOTO Willie Koen

Leer ken Nadia de Jongh beter

(35) KANTOORBESTUURDER, PRETORIA

Beste lewensles?

Aanvaar jouself en moet jou nie met ander vergelyk nie.

Het jy al swaargekry?

My broer, Devon du Plessis, is in ’n motorfietsongeluk dood toe hy 21 was. Dit was erg, maar jy gaan aan. ’n Hele paar mense naby my is al oorlede. Dit is hoekom ek elke nuwe lewensjaar geniet en vier.

Is jy positief oor SA se toekoms?

Ek móét, ter wille van my kinders, AJ (14) en Liam (7). Ek wil nie graag eendag ’n ouma wees wat met die kleinkinders oorsee moet Skype nie. As almal in die land mekaar respekteer, sal dinge fine wees.

Jy doen liefdadigheidswerk …

Ek en my skoonma, Elsa Meyer, help in die wit plakkerskampe en kleuterskole in en om Pretoria. Daar is die nood ook groot. Kinders kom honger skool toe. Ons deel elke maand kos, klere en badgoed uit.

Wat doen jy vir ontspanning?

Lees, lees en lees. Nou is dit my missie om my kinders lief te maak daarvoor en dit lyk asof ek begin wen.

Is jy avontuurlik?

Daar is niks soos adrenalien wat deur die are pomp nie. Valskermspring, bungee, om in ’n mikroligte vliegtuig te vlieg en te valskermsweef. Maar hoe ouer ek raak, hoe banger raak ek.

Jy is vir die tweede keer getroud. Hoekom werk dit?

Ek is rustiger … Ek en Niel was eers lank vriende voor ons getroud is en dít help.

nadia de jongh

Ons ander Voorbladgesigte:

Nicola Smit

Elmaré Schutte

Ulandie Slabbert

Alma Neethling

Bianca Hendrikse

Valensia Waibale

Tamsyn Jack

Sarah Botes

Nicole Lamberts

Nicole Lamberts

 

VBG16_header_1458284893

SARIE Voorbladgesig 2016 in samewerking Max Factor, Clicks

MaxFactor_New_Logo_Blk

The post Voorbladgesig-finalis: Nadia de Jongh appeared first on SARIE.

Voorbladgesig-finalis: Elmaré Schutte

$
0
0

Gister het ons die 10 Voorbladgesig-finaliste verras toe hulle deel van ons #SARIEkrismis-fotosessie was! Vanaand maak ons die wenners van die wedstryd bekend. Het jy jou gunsteling?

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste  FOTO Willie Koen

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste
FOTO Willie Koen

Leer ken Elmaré Schutte beter

(41) TRANSFORMASIEBEAMPTE, PRETORIA

Wat beteken ma-wees in jou lewe?

My kinders, Jean-Christiaan (12), en die tweeling, Mienke en Dylan (10), is my álles. Hulle laat my lag en hul verskillende persoonlikhede interesseer my.

Hoekom geniet jy jou werk?

Ek glo in bemagtiging. My werk gaan hoofsaaklik oor opleiding en die skep van geleenthede. Eintlik is ek ’n opgeleide oudioloog, maar tien jaar gelede het my pa, Viv du Plessis, my gevra of ek nie saam met hom ’n kommersiëledienste-besigheid wat op strategie en bemagtiging fokus, wil begin nie. Ons was toe pas terug van Londen en ek het ’n nuwe uitdaging gesoek.

Jy en Christiaan is al 16 jaar getroud. Die geheim?

Daar is maar oppe en affe, maar vir seker wedersydse respek.

Waarom wil jy op SARIE se voorblad wees?

Ek is ’n gewone, plat-op-die-aarde vrou; ’n ma, wat soms vir haar kinders jok om hul gevoelens te spaar en ek eet skelm sjokolade. Ek glo ander vroue kan met my identifiseer. Ek dink nie jy hoef 21 en perfek te wees om op ’n voorblad te wees nie.

Beste lewenslesse?

Die lewe is nie perfek nie. Ek het twee outo-immuunsiektes: Crohn se siekte en ankiloserende spondilitis, ’n tipe artritis. Daar is geen kuur nie, maar ek het geleer hoe om dit te beheer. Jy moet reg eet, oefen en genoeg slaap. Ek raak moeg en verduur pyn, maar berusting kom met ouderdom. Soms gebeur sulke goed om jou op jou knieë te hou.

elmaré schutte

Ons ander Voorbladgesigte:

Nicola Smit

Nadia de Jongh

Ulandie Slabbert

Alma Neethling

Bianca Hendrikse

Valensia Waibale

Tamsyn Jack

Sarah Botes

Nicole Lamberts

 

VBG16_header_1458284893

SARIE Voorbladgesig 2016 in samewerking Max Factor, Clicks

MaxFactor_New_Logo_Blk

The post Voorbladgesig-finalis: Elmaré Schutte appeared first on SARIE.

Voorbladgesig-finalis: Ulandie Slabbert

$
0
0

Gister het ons die 10 Voorbladgesig-finaliste verras toe hulle deel van ons #SARIEkrismis-fotosessie was! Vanaand maak ons die wenners van die wedstryd bekend. Het jy jou gunsteling?

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste  FOTO Willie Koen

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste
FOTO Willie Koen

Leer ken Ulandie Slabbert beter

(45) BEMARKER, PRETORIA

Hoe voel dit om binnekort ouma te word?

Ek kan nie wag dat my dogter, Kylie, se baba kom nie … Dit is byna asof ék weer verwag.

Jy het onlangs ’n loopbaanverandering gemaak …

Ná 23 jaar as persoonlike assistent by die Europese Unie en die Amerikaanse ambassade het ek as bemarker begin werk. Dit is wonderlik, want ek werk van die huis af. Ek sal my lewensgehalte vir geen geld ter wêreld verruil nie. Ek glo ook iets nuuts stimuleer die brein.

Hoe kry jy dit reg om op 45 so goed te lyk?

Ek gim en het baie pret saam met my man en kinders.

Wat is die uitdagings van ’n tweede huwelik?

Ek en my man, Ernst, verstaan nou waaroor die huwelik gaan. As jy beste vriende is, werk dit. Omdat ons ’n saamgestelde gesin is (Kylie en my seun, Wesley, en sy seuns, Brendan en Logan), het ons voor die huwelik berading gekry en ons woon steeds huwelikskursusse by.

Is jy lief vir Afrikaans?

Ek het met SARIE op ’n plaas in die Groot Marico grootgeword – ek’s ’n ware Boeremeisie!

Hoekom wil jy op SARIE se voorblad wees?

Om te wys enige mens kan enigiets bereik. Jy hoef nie ’n filmster te wees nie.

Hoe kweek jy vandag ’n goeie selfbeeld?

Ons leef in ’n wêreld van Photoshop en perfekte modelle, maar dit is nie die werklikheid nie. Wees net jouself en trots op wie jy is.

ulandie slabbert

Ons ander Voorbladgesigte:

Nicola Smit

Nadia de Jongh

Elmaré Schutte

Alma Neethling

Bianca Hendrikse

Valensia Waibale

Tamsyn Jack

Sarah Botes

Nicole Lamberts

VBG16_header_1458284893

SARIE Voorbladgesig 2016 in samewerking Max Factor, Clicks

MaxFactor_New_Logo_Blk

The post Voorbladgesig-finalis: Ulandie Slabbert appeared first on SARIE.

Voorbladgesig-finalis: Alma Neethling

$
0
0

Gister het ons die 10 Voorbladgesig-finaliste verras toe hulle deel van ons #SARIEkrismis-fotosessie was! Vanaand maak ons die wenners van die wedstryd bekend. Het jy jou gunsteling?

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste  FOTO Willie Koen

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste
FOTO Willie Koen

Leer ken Alma Neethling beter

(23) GEHALTE-BEAMPTE, BREDASDORP

Is jy ’n vurige rooikop?

Ek is positief met hope energie en laat nie geleenthede verbygaan nie.

Hoekom wil jy op die voorblad wees?

’n Vriendin het my ingeskryf. As plaasmeisie van die Overberg is dit nie eintlik my scene nie, maar ek is dankbaar dat ek in die top-10 is.

Vertel meer van die plaaslewe.

Ons drie kinders, Japie (20), wat rekeningkunde aan die Universiteit Stellenbosch studeer, en Johan (14), ’n leerder aan Paarl Gimnasium, het wonderlike tye op ons plaas, Potteberg, gehad. Ons het ook ons eie plaaswinkeltjie bedryf. My pa, Neil, het ’n gemengde boerdery.

En toe swot jy landbou op Elsenburg?

Almal het gesê ek moet onderwys gaan swot, maar ek is passievol oor landbou. Elsenburg was van die wonderlikste jare in my lewe. Daarna het ek bemarking studeer. Nou werk ek vir ’n sagtevrugtemaatskappy waar ek die gehalte van onder meer tafeldruiwe en sitrusvrugte inspekteer.

Wil jy trou en kinders hê?

Ek wil trou met ’n boer en drie kinders hê!

Is jy lief vir Afrikaans?

My taal is my trots. Woorde soos “vrolikheid”, “fantasties”, “lag”, “melktert”, “braaivleis” en “boerekos” is vir my mooi. Ek luister nét RSG en Bok Radio – Karlien van Jaarsveld, Juanita, Theuns Jordaan … En ek dans vas.

alma neethling

Ons ander Voorbladgesigte:

Nicola Smit

Nadia de Jongh

Elmaré Schutte

Ulandie Slabbert

Bianca Hendrikse

Valensia Waibale

Tamsyn Jack

Sarah Botes

Nicole Lamberts

VBG16_header_1458284893

SARIE Voorbladgesig 2016 in samewerking Max Factor, Clicks

MaxFactor_New_Logo_Blk

The post Voorbladgesig-finalis: Alma Neethling appeared first on SARIE.

Voorbladgesig-finalis: Bianca Hendrikse

$
0
0

Gister het ons die 10 Voorbladgesig-finaliste verras toe hulle deel van ons #SARIEkrismis-fotosessie was! Vanaand maak ons die wenners van die wedstryd bekend. Het jy jou gunsteling?

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste  FOTO Willie Koen

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste
FOTO Willie Koen

Leer ken Bianca Hendrikse beter

(30) ONDERWYSERES, HELDERKRUIN

Wat inspireer jou?

Vir seker my gesin. Ek wil die beste ma vir my kinders, Michalen (6) en Jonmenae (3), en vrou vir my man, Devon, wees.

Het ma-wees jou lewe verander?

Dit dwing jou om dieper in jouself te kyk – hoe kan jy jouself verbeter? Dis een van die moeilikste en wonderlikste goed, iets wat ek vir niks op aarde sal verruil nie.

Muurbal speel ’n belangrike rol in jou lewe?

Ek en my man, ’n professionele muurbalspeler, het mekaar op twaalf by ’n muurbaltoernooi ontmoet. Ek is nou nog ’n provinsiale speler en geniet dit, want dit hou my gesond en ons stel ’n goeie voorbeeld vir ons kinders.

Wat is die beste raad wat jy al gekry het?

My pa, Mike Bosch, het vir my gesê om nie kwaad te raak oor dinge wat ek nie kan verander nie en om dinge wat my seermaak te laat gaan. Anders vergiftig jy net jouself.

Is jy spyt oor enigiets in jou lewe?

Nee, ek is geweldig geseënd. Soms kyk ek na my lewe en voel byna skuldig oor al die dinge waarvoor ek dankbaar is.

Het blondines meer pret?

Nee, dis sommer nonsens! Wat met jou gebeur, hang van jou ingesteldheid teenoor die lewe af.

Hoe kan vroue hulself bemagtig?

Deur hulself te bly uitdaag en nie verstrengel te raak in die sleur van roetine nie. Leer gereeld nuwe dinge aan sodat jy die beste van jou tyd op aarde maak.

bianca hendrikse

Ons ander Voorbladgesigte:

Nicola Smit

Nadia de Jongh

Elmaré Schutte

Ulandie Slabbert

Alma Neethling

Valensia Waibale

Tamsyn Jack

Sarah Botes

Nicole Lamberts

VBG16_header_1458284893

SARIE Voorbladgesig 2016 in samewerking Max Factor, Clicks

MaxFactor_New_Logo_Blk

The post Voorbladgesig-finalis: Bianca Hendrikse appeared first on SARIE.

Viewing all 128 articles
Browse latest View live