Quantcast
Channel: Marguerite van Wyk – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 128

‘Ek was so bang Pat het sy nek gebreek!’

$
0
0

Dit was ’n slag wat Suid-Afrikaners laat skrik het. Toe die Iere se linkerflank, CJ Stander, vir Springbok Pat Lambie trompop loop het Pat net bly lê. En in die eerste rugbytoets teen die Iere op Nuweland is hy met ’n draagbaar van die veld gedra is. Maar agt weke later het Pat steeds nie volkome herstel van sy erge harsingskudding nie.

Volgens Netwerk24 het die Haaie se spandokter, Alan Kourie, het Dinsdag ’n verklaring uitgereik.

“Daar is steeds onsekerheid oor wanneer hy weer sal kan speel,” het Kourie in die verklaring geskryf.

Destyds het SARIE met sy vrou, Kate, gepraat.

184

Kate vertel: “Ek was dáár en het saam met sy ouers na die spel gekyk. My eerste gedagte was: Het hy sy nek gebreek? Dit klink dalk bietjie dramaties, maar ’n mens is geneig om die ergste te dink. Gelukkig het ek hom enkele minute ná die voorval gesien.’’

Aanvanklik het hy geheueverlies oor die opwarmingsoefening en die spel gehad. “Hy was desperaat om te probeer onthou en het hope vrae gevra om al die stukkies van die legkaart te probeer saamstel. ‘Het ek al my skoppe oorgekry? Ek dink ek het die eerste een gemis?’ het hy gewonder. Ek het die situasie probeer red deur ’n witleuentjie te vertel en te sê hy het dit oorgeskop, maar hy kon om die een of ander rede níks anders onthou as dat die eerste skop nie oor was nie. My plan het jammerlik misluk…’’

185

Pat was baie teleurgesteld dat hy nie op Ellispark in die tweede toets en ook nie dié naweek in Port Elizabeth kan speel nie. “Ons het geen beheer daaroor nie, so dit help nie om jou te ontstel nie. Beserings is deel van die game en ’n mens moet daarop fokus om beter te word. Dit is wat hy tans doen,’’ vertel Kate.

Hulle gaan beslis saam na die PE-toets kyk. “Hy het baie vertroue in die span en glo hulle beskik oor die vermoë om te wen.’’

Niemand weet hoe lank dit gaan neem voor Pat ten volle van sy besering sal herstel nie. “Hy sal geleidelik begin oefen. Hy rus baie en doen niks wat sy brein stimuleer nie. Pat gebruik dus glad nie die telefoon nie, kyk nie televisie nie en lees nie. Hy is verveeld en kan nie wag om weer aktief te wees nie. Ons honde is natuurlik dol daarop dat hy heeldag by die huis is,’’ sê Kate.

Lees nou

Ingrid Winterbach vir vierde keer vereer!

72 nuwe emoji’s beskikbaar!

Meryl Streep leer om vals te sing

The post ‘Ek was so bang Pat het sy nek gebreek!’ appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 128